Idiome en Spreekwoorde : S (su - sw)



Agterstevoor suinig wees.
- Geld te bespaar op klein dingetjies en dan bestee aan onnodige dinge.
suinig / agterstevoor
Dit sal jou suur bekom
- jy sal daarvoor boet
suur
Ons kon hom met stokke en swaarde nie wegkry nie
- ons kon hom met geen mag ter wêreld wegkry nie
swaarde / stokke
Een swaeltjie maak geen somer nie
- een persoon kan nie veel uitrig nie / een goeie teken is nie genoeg nie
swaeltjie / somer
Jou brood in die sweet van jou aangesig eet
- baie swaar 'n bestaan maak
sweet / brood / aangesig
Jou pêrels voor die swyne werp
- iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat dit nie werd is nie
swyne / pêrels