Idiome en Spreekwoorde : G (ga - go)



Praatjies vul geen gaatjies nie
- met 'n blote gepraat rig 'n mens nie veel uit nie.
gaatjies / praatjies
Elke voël sing soos hy gebek is
- elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte
gebek / voël / sing
Gedane sake het geen keer nie.
- As iets gedoen is, kan jy niks daaraan verander nie.
gedane / sake
My geheue speel my parte
- my geheue laat my in die steek
geheue / parte
Die mens wik; God beskik
- die mens oorweeg wel hoe om dinge te doen, maar God bestier ons weë.
god / wik