Idiome en Spreekwoorde : V (va - vi)



Dis praatjies vir die vaak.
- Dis onsin.
vaak / praatjies
Met vlieënde vaandels slaag
- met groot sukses slaag
vaandels / vlieënde / slaag
Onder valse vlag vaar
- jou uitgee vir iemand anders as wat jy is
vaar / valse / vlag
Onder valse vlag vaar
- jou uitgee vir iemand anders as wat jy is
valse / vlag / vaar
'n Ou voël met kaf probeer vang
- 'n bedrewe persoon probeer kul
vang / voël / kaf
Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou
- as jy slegte geselskap opsoek, word jy ook sleg
varke / semels
Ver van jou goed, naby jou skade
- as jy nie naby jou besittings is om 'n ogie daaroor te hou nie, word dit deur ander mense verniel.
ver / skade
Die vingers verbrand
- in die moeilikheid kom
verbrand / vingers
Hy pronk met anderman se vere.
- Hy spog met iets wat nie syne is nie.
vere / pronk
Van 'n padda vere probeer pluk
- die onmoontlike probeer vermag
vere / padda / pluk
Jou oor 'n dooie rot verheug
- oorhaastig bly wees oor iets
verheug / rot
Ek verkoop dit vir dieselfde prys waarvoor ek dit gekry het.
- ek vertel dit net soos ek dit gehoor het
verkoop / prys
Iemand iets aan die verstand bring
- iemand iets goed laat begryp
verstand
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
- ander word berispe vir foute wat jy self maak.
verwyt / pot / ketel
Geen vinger verroer om iemand te help nie
- niks doen om iemand te help nie
vinger / help
Hy lê die vinger op die wond.
- Hy sê presies waar die fout lê.
vinger / wond
Hy het die mistrap deur die vingers gesien.
- hy het toegelaat dat (die oortreding) gebeur, sonder om iets te doen
vingers / mistrap
Lang vingers
- geneig wees om te steel
vingers
Iemand op die vingers tik
- iemand berispe
vingers
My vingers jeuk om dit te doen
- ek is baie lus om dit te doen
vingers