Idiome en Spreekwoorde : L (la - lu)



Hy lag in sy vuis.
- Hy lag stilletjies.
lag / vuis
Iets met lang tande doen
- iets teësinnig doen
lang / tande
Groot lawaai, weinig wol (meer lawaai as wol)
- gesê van iemand wat baie praat, maar min doen.
lawaai / wol
Jou dae in ledigheid slyt
- nooit 'n steek werk verrig nie.
ledigheid / slyt
Skoenmaker, hou jou by jou lees
- bepaal jou by dit waarvan jy iets weet en moenie jou bemoei met dinge waarvan jy geen benul het nie
lees / skoenmaker
Om die waarheid te sê, moet ek lieg
- ek kan werklik nie met sekerheid sê nie.
lieg / waarheid
Hy is altyd links van die regering
- hy is altyd teen die stroom op
links / regering
Son in die weste, luiaard op sy beste
- as dit laat word, is die luiaard die fluksste
luiaard / son / weste / beste