Idiome en Spreekwoorde : S (sa - sk)



Hy het die saak ter berde gebring
- Hy het die saak opgehaal
saak / berde
Iemand uit die saal lig
- iemand beroof van sy posisie
saal
Dis 'n hele sabbatsreis daarheen
- dis ver soontoe.
sabbatsreis
Sak, Sarel .
- moenie so oordryf nie.
sak / sarel
'n Sak sout met iemand opeet
- genoeg ondervinding saam met iemand opdoen sodat julle mekaar goed leer ken.
sak / sout
Gedane sake het geen keer nie.
- As iets gedoen is, kan jy niks daaraan verander nie.
sake / gedane
Dis 'n vlieg in die salf.
- Dis 'n klein moeilikheidjie wat die genot bederf.
salf / vlieg
Sak, Sarel .
- moenie so oordryf nie.
sarel / sak
Is Saul ook onder die profete?
- skertsend gesê as jy iemand in 'n kring (veral in goeie geselskap) aantref waar jy hom nie verwag nie.
saul / profete
Dis net die oortjies van die seekoei
- wat aan ons bekend is, is slegs 'n baie klein deeltjie van die volle waarheid of die eintlike probleem
seekoei / oortjies
Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou
- as jy slegte geselskap opsoek, word jy ook sleg
semels / varke
Hy stap met sy siel onder die arm rond.
- Hy het niks te doen nie.
siel / arm
Hoe meer siele hoe meer vreugde
- hoe meer mense daar is, hoe plesieriger gaan dit
siele / vreugde
Soos 'n splinternuwe sikspens lyk
- baie netjies en windmakerig aangetrek wees
sikspens / splinternuwe
Elke voël sing soos hy gebek is
- elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte
sing / voël / gebek
Iemand skaakmat sit
- iemand so vaskeer (figuurlik) dat daar geen uitkomkans vir hom is nie.
skaakmat
Een brandsiek skaap steek die hele trop aan
- een slegte mens kan die hele gemeenskap se ondergang beteken.
skaap / trop
'n Wolf in skaapklere
- 'n skynheilige mens.
skaapklere / wolf
Maak vir wolf skaapwagter
- gee 'n onbetroubare persoon die verantwoordelikheid
skaapwagter / wolf
Deur skade en skande word 'n mens wys
- deur sware onder­vinding raak jy verstandig.
skade / skande / wys