Idiome en Spreekwoorde : P (pa - pe)



Pa staan vir iets
- die verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.
pa
Alle paaie lei na Rome
- 'n mens kan jou doel op verskillende maniere bereik.
paaie / rome
Daar sal paal en perk (aan hul vryheid ) gestel moet word
- (hulle vryheid) sal beperk moet word
paal / perk / vryheid
Dit staan soos 'n paal bo water
- dit is duidelik en ongetwyfeld
paal / water
Die breë pad
- die pad na die verderf.
pad / breë
Die smal pad
- die pad na die ewige lewe.
pad / smal
'n Padda in die keel hê
- hees wees.
padda / keel
Van 'n padda vere probeer pluk
- die onmoontlike probeer vermag
padda / vere / pluk
As dit pap reën, moet jy skep
- benut die geleentheid terwyl dit daar is.
pap / skep
Jou ouma die paplepel leer vashou
- iemand iets probeer leer wat eintlik meer van die saak weet as jy.
paplepel / ouma
Iemand met die paplepel voer
- iemand werktuiglik en bietjie vir bietjie iets leer
paplepel
My geheue speel my parte
- my geheue laat my in die steek
parte / geheue
As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek
- as jy skuldig is, moet jy dit wat gesê is maar op jouself toepas
pas / skoen / aantrek
'n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie
- 'n geskenk moet jy nie kritiseer nie.
perd / bek
Dit sal gebeur as die perde horings kry.
- Dit sal nooit gebeur nie.
perde / horings
Trou is nie perdekoop nie
- trou is 'n ernstige stap.
perdekoop / trou
Bly sit met die gebakte pere
- bly sit met ander se moeilikheid.
pere
Jou pêrels voor die swyne werp
- iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat dit nie werd is nie
pêrels / swyne
Daar sal paal en perk (aan hul vryheid ) gestel moet word
- (hulle vryheid) sal beperk moet word
perk / paal / vryheid
Die perke oorskry
- te ver gaan.
perke / oorskry