Idiome en Spreekwoorde : D (da - du)



Hy voeg die daad by die woord.
- Hy doen dadelik wat hy gesĂȘ het.
daad / woord
Al is 'n pot nog so skeef, hy kry 'n deksel
- die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou.
deksel / pot / skeef
Jou vuurdoop deurstaan
- die moeilike aanvanklike toets slaag
deurstaan / vuurdoop
Dis 'n spyker in sy doodkis.
- Dit sal sy dood verhaas.
doodkis / spyker
Iets uit jou duim suig
- iets versin.
duim / suig