Idiome en Spreekwoorde : S (sl - st)



'n Bitter pil om te sluk
- 'n moeilike ding om te verwerk.
sluk / bitter / pil
Jou tande vir iets slyp
- jou klaarmaak om iets te geniet.
slyp / tande
Jou dae in ledigheid slyt
- nooit 'n steek werk verrig nie.
slyt / ledigheid
Die smal pad
- die pad na die ewige lewe.
smal / pad
Hy is met snaar en tamboer vort
- hy is te voet weg
snaar / tamboer
Moenie alles vir soetkoek opeet nie.
- moenie alles glo nie
soetkoek / opeet
Een swaeltjie maak geen somer nie
- een persoon kan nie veel uitrig nie / een goeie teken is nie genoeg nie
somer / swaeltjie
Son in die weste, luiaard op sy beste
- as dit laat word, is die luiaard die fluksste
son / weste / luiaard / beste
Hy kan nie sien dat die son in 'n ander se water skyn nie
- hy is afgunstig
son / water
Die son trek water.
- Dit word laat.
son / water
Dieselfde poeding met 'n ander sous
- dieselfde ding in 'n ander vorm.
sous / poeding
'n Sak sout met iemand opeet
- genoeg ondervinding saam met iemand opdoen sodat julle mekaar goed leer ken.
sout / sak
Tweede viool speel
- ondergeskik wees
speel / viool
Die spit afbyt
- die gevaarlikste of moeilikste werk (of die vuil werk) doen.
spit / afbyt
Soos 'n splinternuwe sikspens lyk
- baie netjies en windmakerig aangetrek wees
splinternuwe / sikspens
Met 'n stink spoed beweeg
- vreeslik vinnig beweeg
spoed / stink
Dis 'n spyker in sy doodkis.
- Dit sal sy dood verhaas.
spyker / doodkis
Iets staan iemand nie aan nie.
- Iemand hou nie van iets nie.
staan / aan
Hy gee my 'n steek onder water.
- Hy sĂȘ my op indirekte wyse sleg.
steek / water
Die argument hou nie meer steek nie
- die argument geld nie meer nie.
steek / argument