Idiome en Spreekwoorde : T (ta - tw)



Ek het nog g'n taal of tyding ontvang nie
- ek het niks gehoor nie
taal / tyding
Hy sit die takke in.
- Hy hardloop weg.
takke
Hy is met snaar en tamboer vort
- hy is te voet weg
tamboer / snaar
Iets met lang tande doen
- iets teësinnig doen
tande / lang
Jy moet hare op jou tande
- jy moet jou man kan staan.
tande / hare
Met 'n mond vol tande sit
- beteuterd sit en niks praat nie.
tande / mond
Jou tande vir iets slyp
- jou klaarmaak om iets te geniet.
tande / slyp
Die kinders sit en tande tel
- die kinders sit en luister wat die grootmense praat.
tande / kinders
Hy laat nie op sy tone trap nie
- hy laat nie oor hom baasspeel nie / beledig nie
tone / trap
'n Tong soos 'n skeermes hê
- bitsig en kwetsend in jou gesprekke wees
tong / skeermes
Hy slaan 'n hoë toon aan.
- Hy verveel hom baie.
toon / hoë
Hy laat nie op sy tone trap nie
- hy laat nie oor hom baasspeel nie / beledig nie
trap / tone
Daar moet 'n trekpleister wees
- daar moet iemand wees na wie hy verlang
trekpleister
Van uitvra is die tronk vol.
- Nuuskierigheid kan jou in die moeilikheid laat beland.
tronk
Een brandsiek skaap steek die hele trop aan
- een slegte mens kan die hele gemeenskap se ondergang beteken.
trop / skaap
Trou is nie perdekoop nie
- trou is 'n ernstige stap.
trou / perdekoop
Oos wes, tuis bes
- in jou eie huis is jy die gelukkigste.
tuis / oos / wes
Sy turf sit
- sy plan het misluk; hy kry dit nie reg nie
turf
Hy is ouer as twaalf
- jy kan hom nie sommer fop nie.
twaalf / ouer
Jou twak is nat
- jy sal dit nie regkry nie, dit sal misluk.
twak / nat