Idiome en Spreekwoorde : S (st - su)



Iemand in die rug steek
- iemand in die geheim benadeel.
steek / rug
Iemand rot en kaal steel
- al die besittings van iemand steel
steel / rot / kaal
Steen en been kla
- baie kla
steen / been
Twee harde stene maal nie.
- Twee hardkoppige mense kom nie goed oor die weg nie.
stene / maal
Vier stewels in die lug lê
- onderstebo lê
stewels
Stiefmoederlik behandel
- sleg behandel
stiefmoederlik
Met 'n stink spoed beweeg
- vreeslik vinnig beweeg
stink / spoed
Iemand onder stof loop
- iemand onderstebo loop of baasraak
stof
In die stof byt
- sneuwel
stof
'n Stofwolk opskop
- vreeslik te kere gaan, maar niks uitrig nie
stofwolk
'n Stok in die wiel steek
- iets verhinder; iemand dwarsboom.
stok / wiel
Ons kon hom met stokke en swaarde nie wegkry nie
- ons kon hom met geen mag ter wêreld wegkry nie
stokke / swaarde
Sy sit op stopland
- sy is 'n oujongnooi
stopland
Die stoute skoene aantrek.
- dapper iets aandurf.
stoute / skoene
Met die stroom saamgaan
- slaafs doen wat die meerderheid doen of die tydgees navolg.
stroom
Die strop om die nek hê
- pas getroud wees (grappige konteks)
strop / nek
Die strydbyl begrawe
- vrede sluit.
strydbyl / begrawe
Die beste stuurlui staan aan wal
- dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie
stuurlui / wal
Iets uit jou duim suig
- iets versin.
suig / duim
Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor
- klein kindertjies sê 'n ding soos hy is sonder om die waarheid te verbloem.
suigeling / waarheid