Idiome en Spreekwoorde : H (ha - ho)



Hy hamer altyd op dieselfde aambeeld.
- Hy praat gedurig maar oor dieselfde onderwerp.
hamer / aambeeld
Een voël in die hand is beter as tien in die lug.
- Dis beter om tevrede te wees met 'n bietjie waarvan jy seker is, as om baie waarvan jy onseker is in die hande te probeer kry.
hand / voël
Hy slaan sy hand aan die ploeg.
- Hy begin werk.
hand / ploeg
Gee 'n man die pinkie, dan vat hy die hele hand
- gesê van iemand wat alles wil hê as jy hom iets gee.
hand / pinkie
Jy moet hare op jou tande hê
- jy moet jou man kan staan.
hare / tande
Weet hoe die vurk in die hef steek
- presies weet hoe sake staan
hef / vurk
Geen vinger verroer om iemand te help nie
- niks doen om iemand te help nie
help / vinger
Hy slaan 'n hoë toon aan.
- Hy verveel hom baie.
hoë / toon
Met die honde blaf en die wolwe huil
- met almal saampraat.
honde
Wors in 'n hondestal soek
- iets soek waar jy dit nie sal kry nie.
hondestal / wors
Hoog by iemand aangeskrewe staan
- in iemand se guns wees
hoog / aangeskrewe
Dit sal gebeur as die perde horings kry.
- Dit sal nooit gebeur nie.
horings / perde