Idiome en Spreekwoorde : V (vi - vo)



Die vingers verbrand
- in die moeilikheid kom
vingers / verbrand
Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander)
- die twee dinge of mense is presies eenders (veral gesê van 'n identiese tweeling)
vinkel / koljander
Tweede viool speel
- ondergeskik wees
viool / speel
Hy is vis nog vlees
- hy kies nie openlik kant nie
vis / vlees
Onder valse vlag vaar
- jou uitgee vir iemand anders as wat jy is
vlag / valse / vaar
Hy is vuur en vlam vir die saak
- hy is baie geesdriftig vir die saak
vlam / vuur
Hy is vis nog vlees
- hy kies nie openlik kant nie
vlees / vis
Hoër vlieg as jou vlerke lank is
- te weelderig vir jou vermoë lewe; iets probeer doen wat bokant jou vermoë is; meer onderneem as waartoe jy in staat is
vlerke / vlieg
Vlerksleep by 'n meisie
- by 'n meisie kuier om haar liefde te wen
vlerksleep / meisie
Vlieë vang
- met 'n oop mond sit
vlieë
Twee vlieë in een klap geslaan
- twee dinge deur een daad gedoen gekry
vlieë
Met vlieënde vaandels slaag
- met groot sukses slaag
vlieënde / vaandels / slaag
Dis 'n vlieg in die salf.
- Dis 'n klein moeilikheidjie wat die genot bederf.
vlieg / salf
Lyk soos 'n vlieg wat in karringmelk geval het
- spierwit aangetrek wees
vlieg / karringmelk
Hoër vlieg as jou vlerke lank is
- te weelderig vir jou vermoë lewe; iets probeer doen wat bokant jou vermoë is; meer onderneem as waartoe jy in staat is
vlieg / vlerke
As die vlooie byt, moet jy krap.
- As dit nie anders kan nie, moet jy maar.
vlooie / byt
Een voël in die hand is beter as tien in die lug.
- Dis beter om tevrede te wees met 'n bietjie waarvan jy seker is, as om baie waarvan jy onseker is in die hande te probeer kry.
voël / hand
'n Ou voël met kaf probeer vang
- 'n bedrewe persoon probeer kul
voël / kaf / vang
Elke voël sing soos hy gebek is
- elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte
voël / sing / gebek
Ons het 'n voëltjie hoor fluit / 'n windjie hoor waai
- ons het so iets gehoor
voëltjie / windjie